Verkryging moet deur BEE-maatskappye gedoen word in SA

Die Kommissie vir Breed-gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging in Suid-Afrika sê regulasies oor voorkeurverkrygings-verpligtinge vir staatsinstellings is nie uit die wet oor bemagtiging verwyder nie. Die senior nakomingsbestuurder vir die Kommissie, Lindiwe Madonsela, sê sommige staatsondernemings is wel toegelaat om BEE-vereistes te laat vaar ter wille van goeie praktyk. Madonsela sê 80 persent van verkryging moet gedoen word met maatskappye wat aan BEE voldoen en 51 persent met entiteite in swart besit: