Wanneer die familie-eenheid verbrokkel, verbrokkel die land

Kenners sê dat vir ‘n land om te funksioneer, dit ‘n gesins-eenheid nodig het wat ook funksioneer, synde dat die gesin toegang het tot skool, behuising, kos en werk. Navorsing toon dat wanneer die familie-eenheid verbrokkel, kry ‘n land te doen met hoë selfmoordsyfers, haweloosheid, tienerswangerskappe, algemene armoede, prostitusie en hoë vlakke van misdaad – almal groot uitdagings in ons land. Die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die Namibiese stand van sake.