Krieket: Engeland seëvier in toetsreeks teen Pakistan

Krieket: Engeland het ‘n klinkende oorwinning in die toetsreeks teen Pakistan behaal toe hulle die tweede wedstryd in Multan met 26 lopies gewen het. Die gashere het die laaste dag op 198 vir vier hervat en het nog 157 lopies nodig gehad om die reeks gelykop te laat eindig, nadat die besoekers die eerste toets in Rawalpindi met 74 lopies gewen het. Die paaltjies het vroeg begin kantel en Pakistan is vir 328 uitgeboul nadat Mark Wood vier paaltjies ingepalm het. Saud Shakeel het die hoogste telling aangeteken met 94 lopies. Die laaste toets begin Saterdag in Karachi. Die reeks is Engeland se eerste besoek aan Pakistan in 17 jaar.