Cites sê Nam se witrenosters hoort nie op aanhegsel-1 nie

Die internasionale bewaringsorganisasie Cites sê Namibië se witrenoster voldoen nie aan die bepalings om deel te vorm van sogenaamde aanhegsel-1 spesies nie. Die land se omgewingsowerhede het onlangs aan die organisasie geskryf en gevra dat die witrenoster as aanhegsel-2 geklassifiseer word sodat daar handel en trofeejag van die diere kan plaasvind. Aanhegsel-2 diere het minder beskerming as aanhegsel-1 diere. Namibiese owerhede sê daar is 1 237 diere in die land, wat dalk nie na veel klink nie maar, Cites het eSwatini toegelaat, met sy baie kleiner bevolking, om sy witrenosters te laat klassifiseer as aanhegsel-2. Die groot Cites se sogenaamde CoP-19 vind vanaf 14 tot 25 November in Panama plaas.