Ciske bedank uit Erongo-streeksraad

Die IPC se raadslid vir die Swakopmund-kiesafdeling Ciske Smith-Howard, het bedank as voorsitter van die streeksraad. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus die stap bevestig en sê sy het gevoel dat as gevolg van die mosies van wantroue in haar, was sy nie meer welkom op die raad nie. Sy sê sy wil hê die raad moet optimaal kan funksioneer, vir die inwoners van Erongo.