Klein mosiehof-rol, maar baie lenings onbetaald

Kommersiële banke het 35 van die 95 sake in vanoggend se mosiehof gebring. Die sessies, wat deur regters Orben Sibeya en Nate Ndauendapo hanteer is, het 15 reël 108 aansoeke bevat. Die banke eis 25 lenings ter waarde van 7,2 miljoen Namibiese dollar sowel as nege eiendomme, met ‘n uitstaande waarde van 5,6 miljoen dollar op. Een onbetaalde voertuig moet ook terugbesorg word. In Maandag se sessie sal regter Herman Oosthuizen 63 onverdedigde egskeidings hanteer.