Cirrus gee mening oor MTC-aandele

Cirrus in die hoofstad het ‘n verslag oor MTC en sy aandele-aanbod bekend gemaak. Die makelaarsfirma sê die aanbod sluit op 1 November en daar word verwag dat die maatskappy op 19 November sal noteer. Die regering verkoop 49 persent van sy aandele in MTC en poog om 3,1 miljard Namibiese dollar uit die verkope te verdien. Maar, Cirrus bevraagteken die belangstelling in die aandele en voeg by dat die beperkings op groei vooruitsigte vir MTC vraag na die aandele sal beïnvloed. Die maatskappy voeg by dat die aanbod so groot is dat daar voldoen sal wees aan die institusionele vraag na die notering en dus, sal die aandele nie vinnig groei nie wat frustrasie onder beleggers kan veroorsaak wat dan weer hulle aandele terug in die mark sal stoot.