Ontwikkelingsbank hou Afrika-streeksvergaderings

Die Afdeling vir Burgerlike Samelewing- en Gemeenskapskakeling van die Afrika-Ontwikkelingsbank gaan op 26 Oktober streekforums oor die hele vasteland hou. Dit vervang die jaarlikse burgerlike samelewingsforums wat in die verlede aangebied is. Die oorhoofse tema van die streekforums is die uitreik na die burgerlike samelewing om veerkragtige ekonomieë ná Covid-19 te bou. Dit bied die bank die geleentheid om sy streeksvisie en prioriteitsgebiede aan deelnemers bekend te stel, as deel van sy groter visie om nader te beweeg aan die gemeenskappe wat hy dien.