Vakbonde sê staatsamptenare se stemproses en staking gaan voort

Vakbonde het gereageer op die Namibiese regering se aankondiging dat staatsampnare geen verhogings gaan kry nie. Die minister van arbeid Utoni Nujoma vandag gesê die regering het ‘n aanbod aan die vakbonde gemaak en hulle het dit van die hand gewys. Meer as 100 000 staatsamptenare stem Donderdag en Vrydag oor ‘n landswye staking. Die Vakbondkongres van Namibië, TUCNA, se sekretaris-generaal, Mahongoro Kavihuha, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig hulle sal voortgaan met die stemproses en die staking soos beplan.