IRR veroordeel nuwe indiensneming wet

Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede sê die Suid-Afrikaanse regering loop die gevaar om ‘n uittog van skaars vaardighede en kapitaal te veroorsaak as hy voortgaan met die wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming. Volgens die wetsontwerp het die Minister van Arbeid die mag om indiensnemingsteikens vir werkgewers regoor die ekonomie in te stel. Die instituut se Woordvoerder, Michael Morris, sê maatskappye wat dit nie nakom nie, kan boetes kry wat tussen 1 en 10 persent van hulle omset beloop en hulle sal verbied word om met die regering sake te doen.