Chris Hani se moordenaar vra verskoning vir sy weduwee, SAKP

Chris Hani se moordenaar het sy weduwee en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party om verskoning gevra. Janusz Walus se regspan doen aansoek om sy parool in die Konstitusionele Hof nadat talle vorige aansoeke geweier is. Walus het die SAKP se hoofsekretaris in 1993 vermoor by sy huis in Boksburg aan die Gautengse Oos-Rand. Sy aanvanklike doodsvonnis is later na lewenslange tronkstraf versag. Walus se advokaat, Roelof du Plessis, het aan die hof gesê sy kliënt voldoen reeds vir ‘n lang tyd aan sy paroolvoorwaardes, maar minister Ronald Lamola sal hom nooit vrylaat indien die hof nie ingryp nie.