Ekonoom sê Namibiese ekonomie word een van werkloosheid

‘n Namibiese ekonoom het gereageer op die Bank van Namibië se seminaar wat vanoggend in die hoofstad aangebied is om die herstel van die ekonomie ná die Covid-pandemie te bespreek. Die seminaar se sprekers het ‘n wye reeks van kwessies en voorstelle vir die land se ontwikkelingsagenda bespreek. Salomo Hei van High Economic Intelligence het ook die seminaar bygewoon. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus die Namibiese ekonomie het ‘n ekonomie van werkloosheid geword.