21% van geteikende Namibiese bevolking is ten volle ingeënt

Die Namibiese gesondheidsministerie het 27 nuwe Covid-gevalle uit 1 148 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 2,4 persent verteenwoordig. In die groep is 10 leerders van verskillende skole, asook een student en onderwyser elk. Daar is nou 2 608 aktiewe gevalle, waarvan 46 pasiënte in hospitale is en twee in hoësorgeenhede. Altesaam 21 persent van die geteikende bevolking is ten volle ingeënt.