Massa veevervoer word fyn deur DBV dopgehou

Die DBV in Suid-Afrika sê sy inspekteurs monitor die lewende hawe aan boord die Al Messilah sedert die skip uit Berlyn in die Oos-Kaap weg is en onlangs in die Oos-Londense hawe aangekom het. Die skip is onderweg na die Midde-Ooste. ‘n Woordvoerder sê meer as 58 000 skape, beeste en bokke is die afgelope drie dae op die vaartuig van die Al Mawashi-maatskappy gelaai wat ook hawens in Koeweit en Oman sal aandoen. Dit is nog nie seker wanneer die skip na die Midde-Ooste gaan vertrek nie.