Choas binne en buite parlement

Die Grondlose Mense Beweging het vanmiddag chaos beide binne en buite die Nasionale Vergadering veroorsaak. Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb is nie toegang tot die Huis gegun nie en sal ‘n dringende aansoek in die Hoërhof in die verband bring. Intussen het LPM LP Utaar Mootu in die huis die MInsiter van Inligitng Peya Mushelenga in die rede geval en op die Adjunk-Speaker Loide Kasingo geskree dat sy toegang geweier is en 2 ure moes wag om die sitting by te woon. Die leier van die PDM McHenry Venaani het in haar verdediging opgestaan en aan Kasingo gesê sy moet kommer hê oor Mootu se aantygings.