Langverwagte Fishrot-verhoor begin

Die voorverhoor van die veel besproke Fishrot-saak vind môre in die Hoërhof plaas. Daar is sewe verdagtes: Bernhardt Esau, Sacky Shanghala, Mike Nghipunya, James Hatuikulipi, Tamson Hatuikulipi, Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo. Huue verskyn in twee afsonderlike sake. In die eerste saak is die 7 in hegtenis geneem in November 2019 in verband met die omkoop skandaal van meer as 150 miljoen Namibiese doller in verband met die visvang kwotas vir die yslandse vismaatskappy Samherji. Die tweede saak hou verband met die misbruik van mag, geldwassery, bedrog en sameswering om korrupsie te pleeg. Die saak hou verband met wanvoorstellings aan die Ontvanger oor Nengomar Pesca Namibië se inkomste. Die Adjunk Aanklaer-Generaal Ed Marondedze het aangedui dat nog drie verdagtes Marien de Klerk; Phillipus Mwapopi, na bewering ‘n Stadpolisie-lid en Otneel Shuudifonya, ‘n werknemer by die Otjozondjupa Streeksraad sal bygevoeg word. Florian Beukes, Appollus Shimakeleni, Richard Metcalfe, Lucious Murorua, en Trevor Brockerhoff.