Chinese ‘spioenasie-ballon’ verander van rigting

‘n Chinese spioenasie-ballon wat oor Amerikaanse lugruim beweeg, het volgens die Pentagon van rigting verander. Volgens die Amerikaanse lugmag, is dit ‘n duidelike aanduiding dat die ballon gestuur word. Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, het Vrydag ‘n beplande besoek aan China uitgestel oor die kwessie. Amerika sê die ballon is ‘n duidelike skending van Amerika se soewereiniteit. Die Chinese regering hou egter vol dat dit ‘n sogenaamde burgerlike vaartuig is wat weerpatrone bestudeer, en dat dit per ongeluk in Amerika se lugruim inbeweeg het.