Brandstofprys sal weer styg, meen ekonoom

Daar is voorspellings vir ‘n styging van tot 98 sent ‘n liter petrol en meer as 1 Namibiese dollar 42 sent per liter diesel in Suid-Afrika in November. Op die oomblik verhandel olie op die hoogste vlakke sedert 2014 en Brent het vroeër vanoggend bo 85 Amerikaanse dollar ‘n vat verhandel. Kosmos 94.1 Nuus het met Robert McGregor van Cirrus gepraat oor wat plaaslik sal gebeur met die brandstofprys.