Khomas gesels oor inentings, toegang tot inligting

Die Khomas-streeksraad hou Maandag om nege-uur ‘n konsultasie oor die ministerie se inentingsveldtog wat die week van stapel gestuur is en ook vir bewusmaking van die toegang tot inligtingswetsontwerp wat weer in die parlement ter tafel gelê is. Die wetsontwerp is reeds sedert Junie verlede jaar vertraag en word as uiters belangrik geag, veral vir deursigtigheid. Die adjunkminister van inligting Emma Theofelus sal die bespreking by die Khomas streeksraad se hoofkantoor in die hoofstad, lei .