Brandstof styg in SA, Nam hoor volgende week

Namibiërs sal teen Dinsdag weet wat die brandstofprys vir November is en as ekonome reg is, sal die prys moontlik styg. Uit Suid-Afrika word berig dat verhogings ook daar ingestel word. Die Departement van Minerale Bronne en Energie het aangekondig dat die petrolprys met 51 sent per liter styg, terwyl die diesel verbruikers 1 Suid-Afrikaanse rand 43 of 1 rand 44 meer gaan opdok, afhangend van die swael-inhoud. Lampolie sal 77 sent per liter duurder wees. Slegs LP Gas sal goedkoper word, met verbruikers wat vanaf volgende week 98 sent per kilogram minder sal betaal.