Russiese-sentrum by IUM herstel nou eers na pandemie

Die Russiese-sentrum wat by die International University of Management in 2018 daargestel is, begin nou eers herstel na die pandemie. In samewerking met die Peoples’ Friendship University in Rusland, is die sentrum geskep om nie net onderrig in Russies vir voornemende studente na daardie land aan te bied nie, maar ook vir sekere voorgraadse voorbereiding. Die IUM se stigter, dr. David Namwandi, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.