Chinese burger glo van N$3,3 miljoen beroof

Die gewapende rooftog wat vanoggend omstreeks tien-uur in Hochlandpark in die hoofstad plaasgevind het, was by die huis van ‘n Chinese burger Sun Gong. Hy is glo deur ses verdagtes met ‘n geweer aangehou. Volgens die Namibiese polisie het die ses verdagtes het by sy erf ingekom, die veiligheidswag oorrompel en die klokkie by die deur gelui en toegang tot die huis gekry het. Die gesteelde items is drie skootrekenaars, vier selfone en ‘n kringtelevisie-geheueboks. Kontant van 1,124 miljoen Namibiese dollar, asook 10 000 Amerikaanse dollar is in twee kluise geroof. Die totale waarde van die gesteelde goedere is glo 3,3 miljoen Namibiese dollar. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en geen gesteelde goedere is teruggevind nie, sê kommissaris Ismael Basson, polisiebevelvoerder van die Khomas-streek.