Namibiese oogarts sê hoë koste vir katarak-operasies is ‘n uitdaging 

Die wêreldbekende Namibiese oogarts dr. Helena Ndume sê ten spyte van ‘n groter aanvraag na katarak-operasies regoor die land, is hulle nie in staat om dit tweejaarliks aan te bied nie weens die hoë koste, aangesien die gesondheidsministerie talle dringende behoeftes het. Dr. Ndume en haar span van plaaslike en internasionale dokters doen tans katarak-operasies op pasiënte by die Oshikuku-distrikshospitaal in die Omusati-streek. Hulle beoog om voorsiening te maak vir sowat 400 pasiënte, maar hierdie getal sal waarskynlik toeneem weens die groot aanvraag.