Namibiese houtskoolbedryf gaan van krag tot krag

Die aantal Namibiese houtskoolprodusente van 350 in 2014 het tot 1 082 aan die einde van 2020 toegeneem, met uitvoer-volumes van houtskool met toegevoegde waarde wat 60 000 ton uitmaak. Die uitvoermarkte aan die einde van 2020 vir houtskool was Suid-Afrika, Japan en Pakistan, en daar was pogings om toegang tot die Turkse mark. Die behoefte aan houtskoolproduksie-fabrieke is deur die Namibiese handelsministerie geïdentifiseer in gebiede soos Omaheke, Otjozondjupa en Oshikoto. Die ministerie het ‘n houtskoolfabriek by Witvlei gebou, en saam met die Universiteit van Namibië, die Universiteit van Finland en die Verenigde Nasies se Nywerheids-ontwikkelingsorganisasie is ‘n biomassa- houtskoolfabriek vroeër vanjaar by Otjiwarongo voltooi. Anna Salkeus van die handelsministerie gesels met Kosmos 94.1 Nuus.