Tien Covid-19-sterfgevalle

Die Namibiese Gesondheidsministerie het vandag 246 nuwe Covid-19-gevalle in 9 streke uit 1 694 toetsuitslae aangekondig. In die groep is 26 leerders, 10 studente en 15 gesondheidswerkers. Daar is 122 mense wat herstel het, maar 10 sterfgevalle in onderskeidelik in Windhoek, Walvisbaai, Otjiwarongo en Gobabis. Uit die 2 447 aktiewe gevalle, is 216 in hospitale, waarvan 56 in hoësorg-eenhede is.