China tree in, in Oos-Europa spanning

China het toegetree in die spanning tussen Navo en die VSA, en Rusland, oor die Oekraïne. Die land se minister van buitelandse sake Wang Yi het telefonies met sy Amerikaanse eweknie Antony Blinken gepraat en gesê diep partye moet kalm wees en verhoed dat die spanning toeneem. Wang het ook gevra dat die partye mekaar nie irriteer nie. Blinken het volgens berigte ook gesê Amerika verkies diplomasie. Rusland het meer as 100 000 troepe rondom die Oekraïne en eis dat Navo-magte terugtrek en dat die Oekraïne nie by Navo aansluit nie. Die VSA verwerp die eise maar sê Navo se deur staan oop vir Rusland om te onderhandel.