Vhungu is ‘n tragiese verhaal – Schlettwein

Reaksie word ontvang op berigte dat 141 miljoen Namibiese dollar tien jar gelede bestee is om die Vhungu-suiwelplaas in die Kavango Oos-streek te ontwikkel. Daar is tans nie ‘n druppel melk wat ooit geproduseer is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die landbouminister, Calle Schlettwein gepraat. Hy het van die uitdagings so verwoord.

Die land se suiwelprodusent is op hulle knieë met uiters hoë insetkoste, en kompetisie met goedkoper invoere veral vanuit Suid-Afrika. Daar was in September verlede jaar net 11 produsente oor.