Namibiese Presidentsvrou gaan vrae oor Covid-19 beantwoord

Die Namibiese Presidentsvrou, Monica Geingos, gaan vandag ‘n vraag- en antwoordsessie op Facebook oor Covid-19 hê, nadat ‘n Namibiese Twitter-gebruiker het vir haar gevra waarom sy en President Hage Geingob so vinnig van Covid-19 herstel het en vra vir voorstelle hoe Namibiërs die virus kan bestry. Geingos het aangebied om in gesprek met hom te tree. Haar woordvoerder, dr. Veronica Theron, kon nie deur Kosmos 94.1 Nuus bereik word om te hoor hoe laat sy die vraag- en antwoordsessie sal hou. Kosmos 94.1 Nuus sal luisteraars op hoogte hou.