China se vraag na olie daal eerste keer sedert 2002

Die vraag na olie in China, die wêreld se grootste energieverbruiker, kan vanjaar vir die eerste keer in twee dekades inkrimp. Die land se zero-Covid benadering veroorsaak inperkings wat vraag verminder. Honderde miljoene Chinese wat gewoonlik tydens die mid-Herfsfees en Goue Week in Oktober op vakansie reis, is nou tuis. China se vraag na petrol, diesel en vliegtuigbrandstof kan die jaar met 380 000 vate per dag daal tot 8,09 miljoen vate, die eerste inkrimping sedert 2002. Tot dusver vanjaar het China se ru-olie-invoere van Januarie-Augustus met 4,7 persent afgeneem. Die prys van Brent het met amper 25 persent in die afgelope drie maande gedaal. Die kommoditeit verhandel vanoggend rondom 92 Amerikaanse dollar per vat.