China se opheffing van streng Covid-maatreëls kan tot miljoene sterftes lei

China se skielike besluit om sy streng Covid-maatreëls ná drie jaar op te hef, kan daartoe lei dat daar volgende jaar ‘n drastiese toename in positiewe gevalle en selfs miljoene sterftes in die land kan wees. Dit is die bevinding van die Instituut vir Gesondheidsmeting en Evaluering aan die Washington Universiteit in Seattle. Die instituut voorspel ‘n piek van infeksies vir China rondom April 2023. Teen daardie tyd sal 322 000 nuwe sterftes ook voorgekom het, met ‘n derde van die land se bevolking wat dan positief sal toets vir die virus.