Benoemings vir ANC-leierskapsposisies bekend

Die benoemings vir die ANC-leierskapsposisies is bekend gemaak. Afgevaardigdes by die ANC se nasionale konferensie in Johannesburg het ‘n keuse om óf vir Cyril Ramaphosa óf Zweili Mkhize vir die pos as president te stem by vandag se verkiesing. Die keuses vir die adjunk-presidentskap is Paul Mashatile, Ronald Lamola en Oscar Mabuyane van die Oos-Kaap.  Vir die posisie van nasionale voorsitter is die Limpopo premier Stanley Mathabatha, Gwede Mantashe en David Masondo genomineer. Drie mense is kandidate vir die pos van sekretaris-generaal: Mdumisene Ntuli, Phumulo Masualle en Fikile Mbalula. Die keuse as eerste adjunk-sekretaris-generaal is tussen Nomvula Mokonyane en Tina Joemat-Peterson.