Stormers wen, maar Bulle word verpletter

Rugby: Die Stormers het vier drieë gedruk vir ‘n bonuspunt-oorwinning van 34-14 oor London Irish Saterdagaand in Kaapstad. Manie Libbok het al vier drieë verdoel in hulle Kampioenebeker-kragmeting en hy het ook met twee strafskoppe geslaag.  In Engeland het die Exeter Chiefs ‘n onervare Bulle-span deeglik afgeransel.  Die Bulle, wat sonder hulle Springbok-spelers moes klaarkom, is met 44-14 verslaan. Die Haaie het Bordeaux Belges Vrydagaand met 19-16 geklop.