China se bevolking krimp vir eerste keer sedert 1961

China se bevolking het vir die eerste keer in meer as 60 jaar áfgeneem. Die Nasionale Buro vir Statistieke sê die land se bevolking het verlede jaar tot 1,412 miljard gedaal, vanaf 1,413 miljard in 2021. Geboortes het afgeneem tot 9,56 miljoen vanaf 10,62 miljoen in 2021. China se bevolkings-tendense oor die jare is grootliks bepaal deur die omstrede een-kind-beleid, wat in 2016 geskrap is en waarna getroude paartjies toegelaat is om twee kinders te hê. Indië gaan heel moontlik eersdaags vir China onttroon as die land met die grootste bevolking.