Wes-Kaap is gereed vir skooljaar, 99% van leerders geplaas

Die Wes Kaapse onderwysdepartement sê die provinsie se skole sal die nuwe skooljaar, wat môre amptelik afskop, met 561 nuwe klaskamers begin. Die nuwe klaskamers vorm deel van die departement se infrastruktuur strategie, wat in 2022 geloods is, om soveel as moontlik leerders by skole te kan akkommodeer. Intussen het die provinsie reeds 99 persent van alle graad 1 en 8 leerders reeds geplaas. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Wes-Kaap, Fritz Platt het meer.