Billikheid van WGO se Pandemie-verdrag in Februarie onder die loep

Lidlande van die Wêreldgesondheidsorganisasie het die Pandemie-verdrag geskep waarvan sommige bepalings bindend is. Die mikpunt is ‘n veiliger wêreld en gereedheid vir die volgende pandemie. Die hoof van die WGO, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus sê lede van die verdrag sal in Februarie vergader om billike bepalings van die ooreenkoms te bespreek.