China meld hoogste getal Covid-gevalle aan sedert Feb. ’20

China het vandag sy hoogste getal Covid-gevalle sedert Februarie 2020 aangeteken – 13 287. Owerhede het Sjanghai se 26 miljoen inwoners beveel om nog twee rondes toetse vir Covid-19 te ondergaan namate openbare frustrasie toeneem oor hoe owerhede in China se mees bevolkte stad ‘n rekord-koronavirus-oplewing aanpak. In wese is die stad steeds ingeperk. Die land se Covid-gevalle is volgens internasionale standaarde laag, maar stygings in plekke soos Sjanghai toets sy voorheen suksesvolle benadering om die virus uit te roei deur streng inperkings en aggressiewe toetsing en opsporing.