China hef vleis-invoere op

Euro Meat News berig dat China ‘n verbod op die invoer van Namibiese beesvleis ingestel na plaaslike owerhede ‘n handvol gevalle van aansteeklike bees pleuropneumonie in verskeie nedersettings in die Omusati-streek bevestig het. Chinese owerhede sê die verbod is om te verhoed dat die siekte die land binnekom. Uitvoere na China het vir die eerste keer in Maart 2019 plaasgevind met ‘n besending van 21 ton. Dit is ‘n nismark en daar word voorkeur gegee vir lewer sowel as beesvleis met en sonder bene. Die laaste besending van 22 ton is op 19 Augustus vanjaar verskeep.