N$10,6m se dwelms in Oktober gevind

Die Namibiese polisie het net meer as 10,6 miljoen Namibiese dollar se dwelms gedurende Oktober gekonfiskeer. Dagga was by verre die meerderheid met net meer as 10,5 miljoen dollar se dwelms wat geskud is. Dit sluit ‘n beslaglegging van 5,7 miljoen dollar se dagga by drie Namibiese burgers, ‘n Zimbabwiër en ‘n Tanzaniër. Daar is op Mandrax ter waarde van net meer as 38 000 dollar beslag gelê en kokaïen met ‘n waarde van 6 800 dollar is ook gevind. Die polisie het ook 400 gram se towersampioene ter waarde van 72 000 dollar gevind.