China domineer vervoer-tenders, terwyl plaaslike konstruksie nie groei nieFebruary 20, 2023

Die begroting vir vervoer oor die middeltermyn word, nes soos die afgelope twee jaar, weer gedomineer Chinese kontrakteurs wat die grootste projekte met vyf uit ‘n totaal van sewe, ontvang het. Chinese konstruksiefirmas wat bedrywig is in Namibië betaal van hul winste direk oor aan die Chinese regering. ‘n Totaal van 3,377 miljard Namibiese dollar vanuit ‘n totaal van 4,4 miljard dollar gaan reguit na die maatskappye toe. Die projekte sluit in spooropknappingswerk tussen Walvisbaai en Kranzberg, die Hosea Kutako lughawe-roete, die Swakopmund-Hentiesbaai-Kamanjab-roete, die Windhoek-Okahandja-roete en die pad tussen Walvisbaai en Swakopmund. Die Bank van Namibië het verlede week aangekondig dat hy ondersoek sal instel om te bepaal wat gedoen kan word met die uiters swak prestasie van die plaaslike konstruksiesektor.