Chico-konstruksiewerkers staak
Konstruksiewerkers van die Chinese Chico-maatskappy wat besig is om die B1-pad tussen Gibeon en Tses te rehabiliteer en op te gradeer, het vandag gestaak. Hulle is ontevrede oor hul werks-ure en betaling. Hulle meen ook die vakbond wat hulle verteenwoordig, doen niks om hul griewe aan te spreek nie en sal voortgaan met die staking totdat daar aan hul eise voldoen word.