Koningin Elizabeth gaan nie die jaarlikse tuinpartye bywoon

Buckingham-paleis het aangekondig koningin Elizabeth gaan nie aan die jaarlikse tuinpartye deelneem nie, maar ander koninklikes sal haar verteenwoordig. Drie koninklike tuinpartye word vir dié maand beplan, en nog een by Holyrood House in Edinburgh, Skotland, einde Junie. Internasionale media berig die jongste aankondiging volg terwyl die 96-jarige monarg sukkel met haar beweeglikheid. Die hoogtepunt van die viering van haar 70-jaar op die troon vind volgende maand plaas met ‘n openbare vakansie van vier dae.