Numsa vergader met motorbedryf, staking dreig

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa gaan vandag en môre met werkgewers in die motorbedryf, insluitend die kleinhandel-motorbedryf en die brandstofkleinhandelvereniging, vergader. Die vakbond het in Junie ‘n dispuut verklaar nadat werkgewers volgens hulle nie ‘n betekenisvolle loonaanbod gemaak het nie. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vergadering se doel is om die dooiepunt tussen vakbonde en werkgewers op te los en reëls vir plakkaatbetogings te bespreek: