Chester Williams word vereer in Varsitybeker-wedstryd

Die Universiteit van die Wes-Kaap en die Universiteit van Kaapstad sal meeding om die nuwe Chester Williams-gedenktrofee wanneer hulle vanaand in die Varsitybeker-wedstryd uitdraf op Loftus Versfeld in Tshwane. Die oud-Springbokheld het die UWK afgerig toe die span in 2017 en 2018 die Varsity Shield-kompetisie gewen het. Die lid van die Springbok-wenspan van die Wêreldbeker in 1995, is in September 2019 op 49-jarige ouderdom dood. ‘n Woordvoerder van die UWK, Mandla Gagayi, sê daar sal jaarliks om die wisseltrofee meegeding word.