Cheetahs kort op Bulle se hakke op punteleer

Die Cheetahs is, na hulle oorwinning oor Westelike Provinsie oor die naweek, net een punt agter die Bulle, wat die voorlopers is op die Curriebeker-punteleer. Nadat die wedstryd tussen die Haaie en die Bulle in Durban weens die oorstromings afgestel is, het beide spanne twee punte gekry. Dit beteken die Haaie bly in die derde plek met 24 punte. Griekwas, wat die Leeus in Johannesburg kafgedraf het, is nou net vier punte agter die span van Durban.