Boris en kie mag nie in Rusland kuier nie

Rusland het die Britse eerste minister Boris Johnson en verskeie van sy belangrikste beamptes toegang tot die land geweier. Dit volg nadat die Verenigde Koninkryk sanksies teen Moskou ingestel het oor sy militêre optrede in die Oekraïne. Rusland sê die verbod is in reaksie op wat hy beskryf as Londen se onbeteuelde inligting- en politieke veldtog wat daarop gemik is om die land internasionaal af te sonder. Brittanje is deel van ‘n internasionale poging om Rusland te straf vir die inval in Oekraïne op 24 Februarie.