Cheetah Cement-bestuur verlig staking is verby

Die bestuur van Cheetah-sementfabriek by Otjiwarongo is verlig dat die staking van werkers verby is. Werkers keer Woensdag terug werk toe. Dit volg ná Cheetah Cement en die Mynwerkers-unie van Namibië vandag ‘n loonooreenkoms onderteken het. Reuse-verliese is deur die maatskappy tydens die staking van drie maande gelei, sê Tabby Moyo, Cheetah Cement se skakelbeampte, aan Kosmos 94.1 Nuus.