Namibiese jagluiperds jag dadelik na vrylating in Indiese park

Twee jagluiperds van Namibië het vanoggend binne enkele ure na hul vrylating in ‘n groter gebied by Kuno Nasionale Park in Indië hul eerste bok gejag. Die jagluiperds het ‘n gevlekte takbok platgetrek, sê ‘n park-amptenaar. Agt Namibiese jagluiperds – vyf wyfies en drie mannetjies – is op 17 September van Namibië af ingebring is en was eers onder kwarantyn in ‘n boma om hulle vir enige siektes te monitor. Twee jagluiperdmannetjies is in ‘n groter gebied van 98 hektaar vrygelaat, waar hulle binne 24 uur begin jag het. Kuno Nasionale Park is 748 vierkante kilometer groot met ‘n drakrag vir maksimum 21 jagluiperds.