Cheetah Cement lê klag van onwettige betreding teen vyf van NEFF

Die Cheetah-sementfabriek by Otjiwarongo het ‘n klag van onwettige betreding by die Namibiese polisie op dié dorp teen die vyf leiers van die Namibia Economic Freedom Fighters aanhangig gemaak wat glo hul perseel sonder toestemming betree het. Nampol se woordvoerder in die Otjozondjupa-streek, adjudant-offisiser Maureen Mbeha, het dit bevestig nadat die vyf Dinsdag van Cheetah Cement geëis het vir die verwydering van ses Chinese burgers wat volgens hulle onwettig daar in diens is sonder die vereiste permitte en visums.