Oudpresident van Burkino Faso kry lewenslange tronkstraf

Burkina Faso se voormalige President Blaise Compaore is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir medepligtigheid aan die moord in 1987 op sy voorganger Thomas Sankara in ‘n staatsgreep, het ‘n militêre tribunaal vandag beslis. Die charismatiese Marxistiese revolusionêre Sankara is op die ouderdom van 37 in die hoofstad, Ouagadougou, doodgeskiet, vier jaar nadat hy in ‘n vorige stryd aan bewind, oorgeneem is. Twee van Compaore se voormalige top-genote, Hyacinthe Kafando en Gilbert Diendere, is ook tot lewenslange tronkstraf gevonnis.