Cheetah Cement en werkers bereik dooiepunt in onderhandelinge

Cheetah Cement het alle voordele onttrek wat aan werknemers voorgestel is tydens salarisonderhandelinge, wat ‘n dooiepunt bereik het. Die bestuur van die Cheetah-sementfabriek buite Otjiwarongo het dié besluit aangekondig. Kevin Lee, hoofbestuurder sê die terugtrekking van die aanbiedinge is genoodsaak deur inkomste-verliese wat die maatskappy steeds ly as gevolg van die staking, wat op 21 Julie begin het. Lee sê dat die bestuur ‘n pensioenfonds voorgestel het wat in Januarie 2023 sou begin het, asook ‘n mediesefondsskema met ‘n bydrae van 80 persent deur die maatskappy, maar dit is ook deur werknemers verwerp.
Volgens Lee het die maatskappy verliese van meer as 10 miljoen Namibiese dollar gely, wat dit onmoontlik maak om enige salarisverhoging, pensioen of behuisingstoelae in te stel.